Emma Goldman

Emma Goldman

Emma Goldman (27 Junie 186914 Mei 1940) was 'n Amerikaanse anargis en feminis van Joodse afkoms.

Haar gesin het gedurende haar tienerjare van Litaue na Sint Petersburg verhuis. Daar het sy haar eerste revolusionêre idees gekry. Vandaar het sy na die Verenigde State geëmigreer toe sy sewentien was. Later het sy ook in Rusland gewoon (in 1919 daarheen gedeporteer weens haar revolusionêre oortuigings), Suid-Frankryk en Groot-Brittanje. Sy het deur beide die Russiese Rewolusie en die Spaanse Burgeroorlog geleef. Haar bekendste werk is Anarchism, and Other Essays.

Die bekende aanhaling “If I can’t dance to it, it’s not my revolution” word dikwels aan Emma Goldman toegeskryf, maar dit is onduidelik of sy dit werklik gesê het.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search